Lesse uit Amerika vir ons in Suid-Afrika: Die oomblik as jy as politieke party geld ontvang van donateurs, dan het jy ‘n verpligting teenoor daardie persoon of instelling en hulle bestuur die land en nie meer die gemeenskappe wat hulle stemme uitgebring het nie.
Luister na die video.
Ons het dieselfde in Suid-Afrika nodig, anders gaan ons land nooit regkom nie.
Met dit in ag geneem, wie bestuur ons land? Die mense wat belasting betaal in Suid-Afrika.
Hier is die belastinginkomste wat oor die afgelope vier jaar in Suid-Afrika ingesamel is:
- 2024: Belastinginkomste word verwag om R1.86 triljoen te beloop.
- 2023: Belastinginkomste is verwag om R1.73 triljoen te beloop.
- 2022: Belastinginkomste is verwag om R1.69 triljoen te beloop.
- 2021: Belastinginkomste is verwag om R1.24 triljoen te beloop.
Hier is wat aan Politieke Partye Betaal is in die laaste 4 Jaar en deur wie dit betaal is:
Bron:
https://www.theoutlier.co.za/tools/partyfunding
Moet nie jou stem uitbring vir die een wat sy siel verkoop vir geld om ons belastinggelde te bestuur nie. Daar is baie klein partye wat beter sal inpas by die standaarde wat jy koester. Hoe meer die politieke mag in Suid-Afrika versprei is, hoe beter sal dit met die land gaan. Die afgelope 30 jaar het bewys dat te veel mag in die hande van te min politici nie goed vir ons land was nie.
Kyk weer die Video wie bestuur regtig Suid-Afrika:
2024-12-13
Kyk die video van Morning Shot 2024-12-12 om 7:00vm:
Video:
0:00 “The South African Communist Party (SACP) is retarded”.
1:20 Die onvermoë van die politici om Suid-Afrika te bestuur.
2:00 Vir 30 jaar is bedrog en geld onder die tafel deur politici aan die orde van die dag.
5:00 Die ANC het Suid-Afrika vernietig; dit wil voorkom asof dit vooraf beplan was.
7:20 tot 9:00 Die regering van nasionale eenheid werk nie; die bewys daarvan.
10:40 In opsomming: ons het ‘n nuwe stelsel in Suid-Afrika nodig; tyd loop uit.
Die bewyse is duidelik: die huidige regering van nasionale eenheid kry nie reg om die mandaat wat op 29 Mei 2024 deur die nasionale verkiesing aan hulle opgedra is, uit te voer nie. Die video is ‘n bewys daarvan.
Hoe gaan ons, die mense van Suid-Afrika, die probleem oplos is die vraag?
Die voorstel is om dit soos Gabon te doen, sonder geweld en lewens verlies:
- Stel ‘n nuwe oorgangspresident aan wat geskik is en die pos kan vervul, onafhanklik uit die gemeenskap of ander instelling van buite die huidige politieke en regeringsbestel.
- Gee amnestiegeleentheid aan almal in Suid-Afrika en wêreldwyd om bedrogsgelde terug te betaal aan die mense van Suid-Afrika vir 6 maande, van 1 Januarie 2025 tot 30 Junie 2025.
- Amnestievoorwaardes aan die politici, staatsamptenare en sakemanne en mense buite Suid-Afrika se grense moet opgestel word deur die nuwe oorgangsregering deur die oorgangspresident aangestel.
- Alle gelde wat in die amnestie proses betrokke is, moet verklaar word en in ‘n oorgangsfonds betaal word om die oorgangsregering se kostes te finansier tot op 30 Junie 2029.
- Vanaf 1 Januarie 2025 tot 30 Junie 2025 kan alle burgers van die land en buiteland anoniem verklarings aflê wat bewus is van bedrog. Die aflê van die verklarings oor bedrog en misdaad sal die persoon wat die verklaring afgelê het, vrystel van vervolging.
- Vanaf 1 Januarie 2025 word ouditspanne opgelei en in staat gestel om alle aktiwiteite vanaf 1994 te oudit. Vanaf 1 Julie 2025 word ouditte uitgevoer op die inligting ontvang van alle oorde.
- In die periode 1 Januarie 2025 tot 31 Desember 2029 word die nuwe selfbeskikkingswet opgestel deur die nuwe oorgangsregering waar leiers van alle gemeenskappe betrek word.
- Die oudit- en vervolgingsproses sal aangaan vir 4 jaar tot 30 Desember 2028 waarna dit as afgehandel beskou word.
- Vanaf 1 Januarie 2030 tree die bepalings van die nuwe Selfbeskikkingswet in werking wat ten doel het om die beheer van die openbare gelde van Suid-Afrika terug te plaas in die hande van die onderskeie gemeenskappe van Suid-Afrika.