Stappe en Veranderinge nodig om Selfbeskikking te bereik in Suid-Afrika:
Agtergrond
Lesse uit Amerika dit geld vir ons in Suid Afrika net soos die in elke land van die wêreld geld. Terug na die basiese beginsels van hoe dinge behoort te werk. Elke burger van ons land moet na die toespraak luister, dit inneem en dan moet ons mense as eenheid na daardie punt toe werk. Sou ons as alle Suid-Afrikaners kan verenig in ons diversiteit, kan ons as oorwinnaars uit die huidige afbrekende en verwoestende stryd tree.
Die Toespraak
Ezra Taft Benson (4 Augustus 1899 – 30 Mei 1994) was ‘n invloedryke Amerikaanse boer, regeringsamptenaar en godsdienstige leier. Hy het gedien as die 15de Verenigde State Sekretaris van Landbou onder President Dwight D. Eisenhower van 1953 tot 1961. Benson was ook die 13de president van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (LDS Kerk) van 1985 tot sy dood in 1994. Hierdie toespraak is in Oktober 1968 gelewer.
Kyk die hele Video die rol van die regering is krities om ‘n suksesvol land daar te stel punte van belang in die Video:
Belangrike punte in die Video:
- Video – 5:30 Belangrikste enkele funksie van die staat is om die regte en vryhede van die individuele burgers van die land te beskerm – Thomas Paine verduidelik regte is nie ‘n geskenk van een na ‘n ander nie, maar almal is gelyk aan mekaar ongeag geslag, ras, klas of rykdom. Die vryhede en regte ontvang deur die burgers van die land is inderdaad ‘n geskenk van GOD.
- Video – 8:54 As burgers van ‘n land agterkom dat hulle regte deur politici en burokrate bepaal word, dan dra die burgers nie meer die trotse erfenis wat deur hulle voorvaders daargestel en vir hulle nagelaat is nie, wat ‘n GOD-gegewe reg is.
- Video – 10:00 Die burgers van ‘n land is verhewe bo die monster wat die burgers self geskep het (DIE STAAT) daarom behoort die burgers van die land te alle tye die meester van die staat wees en nie anders om nie.
- Video – 11:15 Aanhef VSA Grondwet:
Ons, die mense van die Verenigde State, ten einde ‘n meer volmaakte Unie te vorm, geregtigheid te vestig, binnelandse vrede te verseker, voorsiening te maak vir die gemeenskaplike verdediging, die algemene welsyn te bevorder, en die seëninge van vryheid vir onsself en ons nageslag te verseker, bepaal en stel hierdie Grondwet vir die Verenigde State van Amerika in.
Aanhef Suid-Afrikaanse Grondwet:
Ons, die mense van Suid-Afrika, Erken die ongeregtighede van ons verlede; Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het; Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; En Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde die verdeeldheid van die verlede te heel en ʼn samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
Die grondslag te lê vir ʼn demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit;
en ʼn Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ʼn soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Mag God ons mense beskerm. - Video – 18:20 Burgers se instelling teenoor die staat kan eenvoudig so uitgedruk word: Die enigste doel en enigste wettige einde van die regering is om die burger te beskerm in die genot van lewe, vryheid en eiendom.
- Video – 23:00 Die meerderheid van regeringswerk moet op plaaslike vlak uitgevoer word. Dit is die enigste manier waarop selfbeskikking en bestuur van gemeenskappe effektief gemaak kan word.
- Video – 23:50 ‘n Mens kan nie vertrou word om homself te regeer nie, hoe kan hy dan vertrou word om ander te regeer? Dit is ‘n beginsel dat die laagste vlak wat ‘n taak kan onderneem, dit moet doen. Artikel 235 in Suid-Afrika is die oplossing! Die probleem is geskep in 1996 met die sentralisering van die munisipaliteite in Suid-Afrika van duisend klein selfbestuurde gemeenskappe na 257 munisipaliteite wat die afgelope 30 jaar totaal misluk het.
- Video – 26:00 Wat vryheid en vryhede van elke regering onder die son vernietig het, is deur alle magte in een liggaam te sentraliseer en te konsentreer. Die gemeenskappe het die staat daar gestel. Die staat het nie die gemeenskappe daar gestel nie.
- Video 27:00 Daar is een eenvoudige toets: het ek as individu die reg om geweld te gebruik op my buurman om my doelwitte te bereik? As ons die regering toelaat om sy eie gesag uit die lug te skep om selfverklaarde magte te skep wat nie deur die mense aan hom gedelegeer is nie, dan word die skepsel die skepper en word hy die meester.
- Video – 28:00 Waar moet ons die streep trek? Die mense ondersteun die regering en nie die regering ondersteun die mense nie! 28 miljoen SASSA-betalings per maand moet vervang word met 280 000 entrepreneurs wat vir 28 miljoen burgers werk verskaf. Geen regering behoort huise vir sy mense te bou nie, maar entrepreneurs en suksesvolle besighede moet ondersteun en daar gestel word sodat elke mens in Suid-Afrika trots sy eie huis kan bou en instandhou.
- Video – 28:50 Betsy Ross het 100 jaar gelede (1868) daarop gewys – Sodra die regering hierdie beskermende rol oorskry deur die rykdom te herverdeel en sogenaamde voordele aan sommige van sy burgers te verskaf, word dit die middel wat wettige plundering genoem word.
- Video – 32:00 Geen regering in die geskiedenis van die wêreld het ooit rykdom geskep nie; mense wat werk, skep rykdom.
- Video – 38:25 – tot Einde: Ekonomiese sekuriteit is nie moontlik in enige land sonder wydverspreide oorvloed nie.
Luister al 8 punte waarskuwing vir Suid Afrika!
2024-12-11
Stappe en Veranderinge Nodig om Selfbeskikking te Bereik in Suid-Afrika:
Die mag moet uit die hande van die onbekwame en ongekwalifiseerde politici geneem word en terug in die beheer van die gemeenskappe gesit word. Die politici is in die diens van die gemeenskap! Dit is die eerste stap na Suid-Afrika se redding met die nuwe Selfbeskikkingwet wat 22 jaar uitstaande is.
Gabon se nuwe president is Generaal Brice Oligui Nguema. Hy het op 4 September 2023 aan bewind gekom ná ‘n militêre staatsgreep wat die vorige president, Ali Bongo Ondimba, afgesit het. Nguema is ingesweer as die oorgangshoof van die staat en het belowe om vry, deursigtige en geloofwaardige verkiesings te organiseer om die mag aan die mense terug te gee.
Luister na die video van Gabon se nuwe president, Generaal Brice Oligui Nguema:
- Video 0:40 – Gemeenskappe moet bemagtig word om hulle eie krag te kan opwek met kragopwekkers gedurende beurtkrag.
- Video 1:20 – Net soos in Suid-Afrika, is dit die politici wat die gemeenskappe van ons land besteel vir die afgelope 30 jaar.
- Video 3:20 – As jy ‘n politikus is en onbevoeg is en nie weet hoe om jou werk te doen nie, bedank – Suid-Afrika het dringend so ‘n standpunt nodig.
- Video 5:00 – Politiek het Afrika en ook Suid-Afrika vernietig. Die enigste wettige pad om die mag terug te kry by die gemeenskappe op grondvlak is die nasionale implementering van artikel 235 van ons Grondwet.
- Video 7:30 – Julle kan nie die mense van water voorsien wat geskik is vir menslike gebruik nie. Net soos dit in Suid-Afrika gaan.
- Video 8:10 – Hoe gaan Gabon ons probleem oplos?
- Hersien salarisse van politici en pas dienooreenkomstig afwaarts aan.
- Politici moet bedank as hulle nie gelukkig is nie.
- Alle voordele word beperk tot ‘n vasgestelde bedrag.
- Niemand in Gabon word meer betaal as die politici nie. Dieselfde geld vir Suid-Afrika.
- Stel die weermag aan om die salarisskale af te dwing.
- Alle transaksies moet behoorlik geoudit word en verslag gedoen word aan die president.
- Positiewe kontantvloei word vereis vir Gabon teen 2025. Rente op skuld is tans RSA se grootste enkele uitgawe van die staat se begroting, 11% na rente per jaar.
- Julle politici het 6 maande om alles om te draai.
- ‘n Volledige reddingsplan is opgestel wat uitgevoer moet word.
- Hersien salarisse van politici en pas dienooreenkomstig afwaarts aan.
Ons het presies dieselfde nodig in Suid-Afrika en artikel 235 in die Grondwet maak so ‘n verandering in ons land moontlik sonder die politici wat ons land verwoes het.
2025-02-06
Sedert 1994 het die ANC Suid-Afrika se komitees oor openbare geld stukkie vir stukkie verwoes. Lees dit hier:
Net soos tans in die VSA gebeur, moet ons in Suid-Afrika kyk waarheen ons belastinggeld gegaan het oor die laaste 30 jaar:
In die VSA was die stryd ook 39 jaar om beheer oor hul openbare geld te kry. Van die state het dit op gemeenskapsvlak goed gedoen, maar op sentrale vlak is dit ook daar verwoes. Suid-Afrika, ons moet weer teen alle koste beheer oor ons belastinggeld kry van onder na bo.