Die Suid-Afrikaanse Regering Skep Werkloosheid
Feite oor onwettige immigrasie en minimum lone.
Die tragedie van die gebou wat in George in duie gestort het
Die dodetal van die gebou wat in Victoria Straat in George ineengestort het, is bevestig op 34 nadat nog ‘n man, Chisomo Biton, wat in ‘n kritieke toestand was, Vrydag in die hospitaal oorlede is. Twee-en-dertig mense is geïdentifiseer. Van die is:
- 9 – van Suid Afrika, 28.125%
- 11 – van Malawi, 34.375%
- 2 – van Lesotho, 6.25%
- 7 – van Mozambique en 21.875%
- 3 – van Zimbabwe. 9.375%
- 32 Totaal 100% – 28.125% = 71.875% nie Suid Afrikaners (geen werk permitte)
Bron: The Citizen https://www.citizen.co.za/network-news/lnn/article/george-building-disaster-34-dead-32-identified/
Tans in Suid Afrika is daar 18 000 (2022) onwettige immigrante in ons tronke vir ernstige misdade teen die burgers van ons land.
Die tragedie van die gebou wat ineengestort het, is 95% te wyte aan die gebrek van kennis en regeringsbetrokkenheid asook die verontagsaming van basiese ekonomiese beginsels.
Die Munisipale boudepartementinspekteurs moes die probleem op die bouperseel geïdentifiseer het.
Die minimumloonwet dwing besighede om onwettige immigrante in diens te neem omdat hulle nie oor die lone wat betaal word, kan kla nie. En Suid-Afrikaanse werkers kry nie die werk nie omdat die vakbonde die besighede sal vernietig as hulle minder as die minimum lone betaal.
Die werkgewer het geen keuse en die werknemer het geen keuse. Die staat belemmer die werkgewer om aan Suid-Afrikaners werk te gee en neem met wetgewing die geleentheid tot werk uit die hande van die gewillige werker wat net kos op sy tafel wil sit.
Suid-Afrikaners is hardwerkende mense. Baie werkgewers sal bereid wees om werkers ‘n kans te gee om teen ‘n baie lae loon te werk om vaardighede te leer en sodoende hulself te bewys. Daarna sal die werkgewer daardie goeie werker beter lone betaal as die minimum betaling. Maar die regering neem daardie voorreg om nuwe vaardighede te leer weg van alle Suid-Afrikaanse burgers.
Kyk na die video van ongelukkige gemeenskappe in Suid-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse Regering met die Nasionale Minimumloonwet 9 van 2018 Bron Legal Wise:
https://www.legalwise.co.za/help-yourself/legal-articles/national-minimum-wage-what-you-need-know
Die Nasionale Minimumloonwet 9 van 2018 (“Wet”) het ten doel om ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid te bevorder deur werkers te beskerm teen onredelik lae lone. Die Wet is van toepassing op alle werkers en hul werkgewers, behalwe lede van die Nasionale Weermag, die Nasionale Intelligensie-agentskap en die Suid-Afrikaanse Geheime Diens. Elke werkgewer mag nie lone betaal wat onder die minimumloon is nie, en die nasionale minimumloon kan nie deur kontrak verminder word nie, behalwe as die kontrak voorsiening maak vir ‘n gunstiger loon.
WERKERS IN SUID-AFRIKA KAN NIE HULLE REG OM MINIMUM LOON TE ONTVANG AFTEKEN NIE. OM DAARDIE REDE SKEP DIE HUIDIGE REGERING VAN ONS LAND WERKLOOSHEID EN ARMOEDE, EN ‘N OMGEWING VIR ONWETTIGE IMMIGRANTE OM TE FLOREER TEN KOSTE VAN DIE BURGERS VAN DIE LAND.
Ons wonder hoeveel van die topstruktuur in ons regering, wat daagliks besluite neem oor watter nuwe regulasies hulle kan maak om die vryhede van individue en sakemanne te belemmer, al ooit self in besigheid was om vanuit ‘n sakeman se oogpunt na die regulasies te kyk.
Kyk die Video: Onwettige immigrasie is net goed solank dit onwettig is – Milton Friedman
Kyk na die video: Arbeidsmark en Minimumloon.
Kyk na die video: JD Vance bring onwettige immigrante ter sprake wanneer hy oor minimumloonbeleid gevra word.
2024-12-09
Die staat se verantwoordelikheid is teenoor die burgers van die land:
- Burgers moet weet hulle is veilig in hulle huise.
- Veiligheid binne is die verantwoordelikheid van die staat.
- Veiligheid teen ‘n aanslag van die buiteland is die staat se verantwoordelikheid.
- Werksekerheid – Skep werk deur entrepreneurs aan te moedig om besighede te begin.
- Onwettige immigrasie teen te werk.
Nou, wat is die geskenk wat ons President vir die burgers van die land gee op 3 Desember 2024?
Dit is nie in die belang van die burgers van die land wat die regering van die dag doen nie. Dit moet dringend regkom.
Die vraag wat gevra word, is egter wie se belange word eerste gestel: die burgers van die land of die wie die siel gekoop het van die land se bestuur?