Apartheid: Die Waarheid

Johannes 8:31 en 32: Aan die Jode wat in Hom geglo het, het Jesus gesê: “As julle aan my leer vashou, is julle werklik my dissipels. Dan sal julle die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Die Afrikaner Geskiedenis

Die Boere het in 1835 na die noorde weggetrek. Die Afrikaner/Boer is die jongste nasie op die planeet. Die Afrikaner-nasie soos ons dit vandag ken, het basies ontstaan met die begin van die Groot Trek. Die Afrikaners is al vir slegs ongeveer 190 jaar ‘n nasie aan die suidpunt van Afrika en het nog nooit sonder ‘n stryd vir die bewaring en oorlewing van hulle mense se kultuur gedurende hierdie tydperk geleef nie.

Daar is een Afrikaanse woord wat elke persoon op aarde ken, en dit is “apartheid”.

Daarom is dit baie nodig om die agtergrond van Apartheid aan die wêreld bekend te maak.

3 Januarie 2019

Kyk die Video: 

Apartheid; Britain’s Bastard Child. 

Inleiding van die boek: Apartheid; Britain’s Bastard Child. Geskryf deur Dr. Helene Opperman Lewis (Gebore Namibiër)

Video 00:40:
Die aanslag is nie teen die Britse mense nie, maar julle is ook verantwoordelik vir Apartheid. Ons is verantwoordelik, ja, julle is ook verantwoordelik.

Video 08:30:
Vernedering doen geweldig baie skade. Om iemand in die publiek te verneder, bring nog meer skade. Dit is die rede hoekom dit lei tot wraak.

Video 13:50:
TJ Scheff het gesê: “SHAME, is the glue that holds relationships and societies together AND UNACKNOWLEDGE SHAME, the force that blows them apart.”

Video 19:10:
Afrikaner vernedering, Alles het begin in 1795 in die boek van John Burrows, Travels wat handel oor sy besoek in die Kaap en hoe die “Dutch” deur hom beskryf is.

Video 25:00:
Die Anglo-Boere oorlog was die eerste media-propaganda oorlog in die wêreld, nie die eerste Irak oorlog soos in die hoofstroom media verkondig word nie.

Video 31:22:
In 2004 is ‘n boek gepubliseer in “Collective Guilt” bladsy 151 die groot sonde van die Hollanders sonde 14 is ons die Boere, “Dutch during wartime. That is the Boers, descendants of the Dutch. Murdered thousands of English people in the Boer War!”

Video 40:12:
Traumatiese ervarings laat spore op groot skaal op ons geskiedenis op ons kultuur, nader aan die huis en op ons families.

Video 44:00:
En dan het jy intergenerasie trauma, en dit is wat die trauma wat die ouers onbewustelik dra, oorgedra word aan die kinders, geneties en epigeneties en ook psigogeneties. Geen ouer kom ooit oor die dood van sy kind nie.

Video 45:10:
Die Anglo-Boereoorlog het plaasgevind van 1899 tot 1903 in die OVS en ZAR. Gedurende hierdie tydperk was daar 219 000 blankes en 905 000 swartes betrokke. In die konsentrasiekampe was daar 116 572 blankes en 115 700 swartes. Tussen blank en swart is daar in die kampe 56 722 mense oorlede. Vir elke volwassene wat dood is, was daar vier kinders onder 16 jaar wat gesterf het, wat neerkom op 45 377 kinders, wit en swart.

Video 52:57:
Onverwerkte trauma, hoe dit oorgedra is na die volgende generasies, die geweldige vernedering, die geweldige armoede wat uiteindelik gelei het tot die vrees vir oorlewing. Die kern is die een wat vandag verneder is word more se vernederaar. Van daar die gesegde die verlede herhaal homself.

Video 54:00:
Die Opstaan of Nie-Opstaan uit die Trauma van die Verlede Uiteengesit tot die Einde van die video.